Kom ontgin en geniet die seldsame vreedsame rustigheid van een van die bes-bewaarde natuurjuwele aan die Suidkus
Tussen die Mzumbe- en Ingambili-riviere, skuil die idilliese stranddorpie, Umzumbe, knus genestel tussen wuiwende groen heuwels en duinbosse. Nabygeleë strande (beveilig deur lewensredders en haainette) bied ‘n ideale strandgebied met Blouvlagstatus om heeljaar te ontspan of te baljaar.
Die klimaat is gematig en bereik gemiddelde minimum-en-maksimum temperature van 17° C – 30° C gedurende die somermaande en 11° C – 25° C gedurende die kouer wintermaande. ‘n Reënval van ±720 mm word regdeur die jaar aangeteken. Die warm subtropiese klimaat bied ideale weersomstandighede vir swem, snorkel, duik, branderplankry en visvang regdeur die jaar.
Elke eenheid word goed in stand gehou. Die meublement is smaakvol en doelmatig en elke eenheid het sy eie privaat patio. Die netjiese kombuis is toegerus met moderne toebehore soos ‘n ruim yskas, stoof met oond, mikrogolf, rooster en ketel. Afgesien van die gebruiklike pan- en kastrol-voorraad, is daar breekware en messegoed vir ses gaste.
Elk van die eenhede het twee slaapkamers op die boonste vlak met ‘n dubbelbed in die hoofslaapkamer. In die tweede slaapkamer, sowel as in die slaapvertrek op die gronvloer is twee enkelbeddens. Die badkamer het ‘n bad sowel as ‘n stort met ‘n wasbak en toilet. Plafonwaaiers hou die ergste somerhitte in toom terwyl daar addisionele komberse vir die koeler winternagte is. Die netjiese beddegoed sluit paslakens en duvets in. ‘n Brandkluis in een van die kamers sorg vir gemoedsrus t.o.v. kosbaarhede wat weggesluit kan word.
Elke chalet is met ‘n kleur-TV en DSTV-skottel en kabels toegerus. Kontak gerus die kantoor om u knapkaart en dekodeerder te bespreek of bring u eie dokodeerder en kaart saam om toegang tot jou gunsteling kanale te kry. Die gerief van ‘n daaglikse skoonmaakdiens deur opgeleide personeel, maak deel uit van die omvattende vakansie-paket.
Ons chalets, Interieur en eksterieur bekyk:
Nog 'n webwerf vervolmaak deur Digital Fibre