V. Hoe ver is Umzumbe vanaf Durban Internasionale Lughawe?
A. Omtrent ‘n uur padlangs in normale verkeer.
V. Hoe ver is dit vanaf die Port Shepstone Sentrale Busdepot?
A. Omtrent 20 minute padlangs in normale verkeer.
V. Hoe ver is dit vanaf Umzumbe strand?
A. Binne stapafstand vanaf strand en getypoel [800 m]
V. Hoe is die weer by Umzumbe?
A. Hier volg die gemiddelde daaglikse maksimum tempera-ture, maandelikse reënval [mm.] en gemiddelde windspoed [kpu], wat u in Umzumbe te wagte kan wees. Gegewens baseer op gemiddeldes va afgelope 30 jaar +.
V. Is daar ‘n Restaurant by die oord?
A. Ongelukkig nie. Daar is wel Restaurante en kitskosvoorsieners in die gebied.
V. Is daar ‘n Kurio-geskenk winkel op die terrein?
A. Nee, maar daar is talle sulke en kunshandwerk winkels in die omgewing.
V. Hoe ver is ons van die Shelly Sentrum en die Suidkus Mall?
A. Nagenoeg 30 minute met die kuspad na die Suide. Die Hibberdene Winkelsentrum is egter op ons drumpel. Bereikbaar binne 10 minute.
V. Is dit veilig om in die see te swem?
A. Ja. Op voorwaarde dat jy hou by die aanwysings by erkende strande waar lewensredders diens doen. Haainette word nie oral in stand gehou nie maar die instelling van Haaiverspieders blyk suksevol te wees.
V. Wat van misdaad?
A. Soos in enige ander omgewing in ons land kom misdaad wel voor. Deur op jou hoede te wees en jou gesonde verstand te gebruik, kan ernstige misdaad voorkom word. In die Oord het ons ‘n baie goeie rekord wat veiligheid betref. Voorsorg beteken om nie duur juwele, selfone en kameras en handsakke te opsigtelik ten toon te stel waar ‘n samedromming van mense is nie. Vermy dit om alleen in ‘n afgesonderde of donker gebied te loop. Sluit jou verblyfplek en jou motor. Vermy dit om van treine en huurmotors vir vervoer gebruik te maak. Goeie raad is: Waak en bid!
V. Is daar verskillende huurtariewe?
A. Neem asseblief kennis dat alle Chalets slaapplek vir 6 mense bied.
Buite-seisoen is tariewe vir ‘n minimum van 3 nagte vanaf R 450=00 per nag per Chalet.
Binne-seisoen is tariewe vir ‘n minimum van 4 nagte vanaf R 550=00 per nag per Chalet.
Die Oord behou die reg voor om tariewe sonder kennisgewing te verander.
V. Is daar Oord-reëls?
A. Ja. Op aanvraag kan die voorwaardes en algemene reëls aan u gefaks of ge-epos word. Alternatief kan dit afgelaai word op ons dokumente bladsy.
V. Wat is die tye van aankoms en vertrek?
A. Aankomstyd is streng na 14:00 nm. Vertrektyd is stiptelik om 10:00 vm
V. Wat is ons Bankbesonderhede?
A. ABSA Bank, Takkode: 632005 Tjekrekeningommer: 1078650571.
V. Waarheen moet bewys van betaling gestuur word?
A. Bewys van betaling moet gefaks word aan: 039 6845652 of ge-epos word aan: info@umzumbechalets.co.za
V. Watter wyse van betaling word gebruik vir die Skade/Verlies-deposito?
A. Internasionale oorbetalings:
Ons aanvaar Internasionale elektroniese oorplasings. Die fooi wat hiervoor gehef word is egter hoog en sal by u finale rekening-faktuur gevoeg word, sou u hierdie betalingswyse verkies.
Elektroniese Bank-oorplasings:
Ons verkies Elektroniese Bank-oorplasings as wyse van betaling aangesien dit vinnig, veilig en maklik is.
Kredietkaart Betalings:
Ons aanvaar Visa en Master kaarte maar ongelukkig nie Diners en American Express nie.
Kontantbetalings:
Ons aanvaar kontantbetalings op voorwaarde dat u dit persoonlik doen en dit vooraf met die Rekeninge Afdeling reël. Hou asseblief u kwitansie op ‘n veilige plek, want geen terugbetaling sal gedoen word sonder die oorspronklike kwitansie nie.
V. Wat is die terme en voorwaardes van u skade-deposito?
A. Terme en Voorwardes
Breek- en verlies-deposito
‘n R 350 skade- en verlies-deposito het betrekking op alle be-sprekings en is terugbetaalbaar binne 7 dae na u vertrek. Hierdie deposito word by aankoms betaal. Alle chalets het ‘n inventarislys in die Inligtingslêer, [‘n Gekleurde gebinde saklêer]. Dis die verantwoordelikheid van die Bewoner om die inventaris van die chalet by aankoms te kontroleer om seker te maak dat alle items aangedui daar is en in werkende orde.
As dit na jou vertrek en voor die aankoms van die volgende bewoner, gevind word dat daar enigiets in die chalet beskadig is of vermis word, insluitende beskadiging van mure, vloere, plafonne, kunswerke, toebehore, installasies, toestelle, sleutels en afstandbeheer weg is of beskadig, defek of onbruikbaar, sal die herstel of vervanging daarvan van die R 350 skade- en verlies deposito verhaal word, alvorens die balans uitbetaal word. Indien die genoemde koste die R 350-deposito oorskry, sal die verskil binne 7 dae na die kennisname deur die Bewoner aan Umzumbe Aandeelblok Bpk. Verhaal word.
V. Wat is ons kansellasie-beleid?
A. Terme en Voorwaardes
Kansellasie-beleid
‘n Administrasiefooi van R 300* het betrekking op kansellasies wat 4 weke [28 dae] of meer gemaak word voor die bespreekte aankomsdatum. Nadat die administrasiefooi afgetrek is, sal die balans van die volle verhuringsbedrag terugbetaal word. [*Hierdie fooi word gehef om uitgawes te dek van bankfooie, kredietomkerings, telefoonoproepe’ tyd bestee vir herbeplanning van besprekings, en ander tersake diverse uitgawes.]
‘n Terugbetaling van 50% van depositos betaal, het betrekking op op kansellasies wat 21 dae [3 weke] voor die aankomsdatum.
Geen terugbetaling word gemaak as ‘n kansellasie ontvang word minder as 14 dae voor die aankomsdatum nie.
Nog 'n webwerf vervolmaak deur Digital Fibre