Met UMZUMBE CHALETS as tuisbasis is die volgende
nabygeleë besienswaardighede maklik bereikbaar:
Benewens die feit dat Umzumbe ‘n gewilde bestemming is met geriewe wat jy aan oorde van Miami se sandstrande verwag, bied dit toegang tot opwindende aktiwiteite en fasili-teite, soos:
Sportfasiliteite sluit in:
Vir natuur-en staptoer-entoesiaste is daar toegang tot nabygeleë reservate, soos:
Plaaslike Sport, Ontspanning en Vermaak.
|
Rotsklim en Absei |
Berg- en woudroetes |
Strandvriende [Beach Buddies]
Lewensredders en Nasionale Seeredding Instituut
DBV –Huisdier-redding [SPCA]
Lions Klub van die Suidkus
Sake en Toerisme Assosiasie
Misdaadvoorkoming – Buurtwag
Biblioteekvriende
Rotariërklub van Suidkus
Erfenis Trust
Motorverhuring
Bestuurskool
Internet-kafees
Biblioteke
‘Weighless’ groepe
Allerlei professionele dienste
Toeriste inligting en advies
Mediese dienste, Hospitale en aanvullende praktyke:
Die Suidkus word goed bedien deur voldoende Dokters en Spesialiste. Die Hibiskus Privaathospitaal, Margate Privaat Hospitaal, Port Shepstone Provinsiale Hospitaal is almal binne maklike bereik van Umzumbe Chalets. Dis gerusstellend om te weet dat ‘n aantal Mediese Praktesyns en Apteke met proffessionele kundigheid beskikbaar is.
Daarbenewens is die volgende para-mediese dienste beskikbaar:
Chiro-praktesyns
Tandartse
Dieetkundiges
Homeopate
Natuurgeneesers
Arbeidsterapeute
Oogkundiges
Fisioterapeute
Refleksioloë
en ‘n breë spektrum Algemene Praktesyns beskikbaar.
Troeteldiere word ongelukkig nie in Umzumbe Oord toegelaat nie. Dit versteur en bedreig die ongerepte wildlewe. Daar is egter Diereverblyf [kennels] in omgewing beskikbaar. Vir die opknap van die voorkoms is daar ‘n honde-salon.
Kerke
Vir Kerkgids raadpleeg die plaaslike koerante. [Die South Coast Herald of The South Coast Fever.]
Vir die wat uiteet-safaries geniet, is daar ‘n wye verskeidenheid van koffiekroeë en restaurante waar keurgeregte by kerslig te kus en te keur is. Daar word selfs in meer eksotiese en romantiese styl en milieu feestafels op die rotse langs die strand gedek, waar onder andere vars seegeregte as delikatesse opgedien word. In watter luim jy ookal is, die spyskaart bied vir fynproewer en smulpaap disse so vars en lawend soos die die seebries.
Daar is ‘n wye verskeidenheid gebruiksmiddele, toerusting, goedere en dienste op die Suidkus beskikbaar. Waaronder: Kruideniers, met die volledige spektrum kossoorte denkbaar. Deli’s, bakkerye, varsprodukte lokale, slaghuise en melkerye, vrugte en groente. Sport- en kampeertoerusting van goeie gehalte word aangebied. Gesondheidswinkels Boek- tydskrif- en Skryfbehoefte lokale. Geskenke, speelgoed, aandenkings en ornamente. CD, DVD- en Video- verkope en verhuring. Kuns- en Fotografie. Mansuitrusters en Dames Boetieks. Toeriste Buro’s en Inligting. Apteke en Gesondheidswinkels. Haar- en Skoonheidsalonne sorg dat windverwaaides en son-geskroeides respektabel gemaak word. Enkele groot Winkelsentrums sorg dat daar ‘n konsentraat winkels en dienste is waar elke denkbare smaak of behoefte in ag geneem word.
Die Umzumbe Oord-kantoor verskaf graag meer inligting en advies t.o.v. besprekings of beskikbaarheid van enige van genoemde dienste of aktiwiteite.
Nog 'n webwerf vervolmaak deur Digital Fibre