AANDELE Kan ek regtig aandele in 'n vakansie oord besit?

Umzumbe Chalets Aanaandeelblok Bpk. [Shareblock Ltd.] word ten volle deur sy Aanaandeelblokeienaars vesit en bestuur. Umzumbe is nie deel van enige uitruilgroep nie, wat verseker dat die Oord sy eksklusiwiteit behou.

Vir meer inligting oor beskikbare weke, tariewe en aanverwante aangeleenthede, raadpleeg ons Bemarkings-persoon by Umzumbe Chalets gedurende kantoorure. ‘n Vereenvoudigde oorsig van aandeelhouding [Share holding] is beskikbaar.
Umzumbe Chalets Aanaandeelblok Bpk. Is geregistreer as die eienaar van die landgoed, wat alle geboue insluit. Aan elke Chalet is ‘n aantal aandele [genoem die Aanaandeelblok, “Share Block”] in die maatskappy toegeken.
Dit gee aan die geregistreerde aandeelhouer die eksklusiewe bewoning en gebruik van die chalet. Dit beteken dat dat die aandeelhouer aandeelhouding in die Maatskappy bekom wat hom/haar die reg gee om ‘n spesifieke chalet tydens ‘n bepaalde tydgleuf te bewoon.
‘n Aandeelhouer word nie die eienaar van die eenheid nie, maar het bloot die reg om dit te bewoon en te benut vir die spesifieke tydperk soos in die kontrak bepaal. Sy regte word dus reguleer deur die Konstitusie van die Aandeelblok Maat-skappy en deur deur die Gebruiksooreenkoms met die Maat-skappy aangegaan.

Die funksionering van ‘n Aandeelblokskema word deur die aandeelhouding Kontroleerakte beheer.

Om te kwalifiseer as ‘n aandeelhouer moet die aandele aan die koper oorgedra word. Hierdie oordrag moet ooreenstem met die normale vereistes vir die oordrag van aandele soos voorgeskryf deur die Maatskappy-akte en moet plaasvind in ooreenstemming met die Artikels van die Maatskappy.

As die artikels enige beperkings op die oordrag van aandele plaas, gebaseer op bepaalde voorwaardes, moet daardie voorwaardes eers nagekom word alvorens ‘n oorplasing afgehandel kan word. Dit kan bv. Betrekking hê op die ouderdom van die koper.

Die hele kompleks word Umzumbe Chalets Aandeelblok Bpk. Genoem en bestaan uit 56 A-raam selfsorg chalets. Die indeling van die skedule t.o.v. elke chalet, bestaan uit ‘n formaat van 48 weke. [‘n Kopie van die skedule kan op aanvraag ge-epos of gefaks word.] Die aandeel van elke week word verkoop aan privaat individue, maatskappye, of ‘n kombinasie van albei. Die geregistreerde aandeelhouers betaal ‘n jaarlikseheffing t.o.v. geriewe, instandhouding, personeel, sekuriteit, ens.

Die heffing word jaarliks deur die Raad van Direkteure tydens die Begrotingsvergadering in Februarie, vasgestel. Aandeelhouers word aangemoedig om die Jaarlikse Algeme-ne Vergadering by te woon. [Kennisgewings hiervan word aan hulle uitgestuur soos bepaal deur die Maatskappy Akte en Statute.]

Kontak ons gerus om navraag, sou u Aandeel-houding oorweeg.

AKKOMMODASIE

Verhuringspoel :

Die Verhuringspoel-afdeling bestaan uit onbenutte tyddeelweke wat op ‘n daaglikse of weeklikse basis as selfsorgeenhede aan die Algemene Publiek verkoop word.

Hierdie onbenutte Tyddeelweke is òf dié weke wat nie deur die huidige eienaars van die aandele benodig word nie òf die weke nog nie verkoop nie.

Die eienaars stel die Oord in kennis as hulle eenheid beskikbaar is vir die Verhuringspoel. Die verhuringsprys word uitsluitlik bepaal deur die geregistreerde Aandeelhouer van die Chalet. Kontak ons asseblief om enige navraag oor Huurakkom-modasie of om ‘n bespreking te maak.

Vir Terme en Voorwaardes besoek ons Vraag-en-Antwoord bladsye.

Let daarop dat hierdie bladsye oor die Aandeelblok slegs oorsigtelike Inligtingsriglyne deurgee rakende die Oord en dat dit nie as ‘n finale gesaghebbende beskrywing van die Aandeelblok beskou moet word nie.